Description
‘N KIND SE LEWENSLANGE GESKENK
‘My skooljare – ’n aandenking’ is wonderlik om inligting in aan te teken oor ’n kind se reis deur hulle skoolloopbaan. Daar is drie dubbel bladsye per jaar van Voorskool tot Matriek, en sluit ‘n sak waar sertifikate, verslae, toekennings of enige ander dokumente veilig gebêre kan word in. Elke jaar het ook plek vir onvergeetlike gebeure, mylpale, vriende, die onderwysers se name, vakke, skoolfoto’s, gunsteling leesboeke en genoeg plek vir plakboekwerk.